COVID-19 – Juwelier winkel

My besigheid kry reeds ‘n geruime tyd swaar aangesien my produk wat ek verkoop ‘n “luukse” en sal kliënte wat reeds finansieel sukkel, nie aankope maak nie.  Met die Covid-19 inperking, is my winkel gesluit.  Ek het verligting probeer kry by al die plat forums wat oral aangebied word.  Ek is baie vinnig aarde toe gebring toe ek besef het die hulp is nie vir my tipe besigheid bedoel nie.  Ek gaan nooit herstel nie en het al die geld wat ek nog gehad het, aan my personeel betaal.