Moet likwideer oor werknemers se Unies (Staal industrie)

Ek het vir 35 jaar ‘n staal besigheid bedryf.  Ek is gewoond aan dag en nag werk.  Ek was heeltemal onkant gevang toe ‘n kliënt waarmee ek 25 jaar besigheid doen, oornag gelikwideer is.  Ek het dadelik planne probeer maak maar was die geld wat hulle deur die laaste maande agterstallig geraak het, soveel dat ek nie my oorhoofse koste kon betaal nie.  Ek het aan my personeel verduidelik wat die situasie is en het besluit om die werk te verminder na ‘n 4 dag week.  Met skok het ek besef dat dit nie so maklik was nie want die werknemers se Unies het kapsie gemaak het my werknemers ook begin met sitstakings. Ek het probeer verduidelik dat dit hopelik ‘n tydelike reëling is maar het sitstakings gevolg met optogte.  Daar is in ook by die fabriek ingebreek en geplunder. Na al hierdie jare waar ek soveel mense van werk voorsien het en net my beste produkte gelewer het, sien ek nie kans vir Hofgedinge teen die Unies nie.  Ek kan onmoontlik alleen al my skuld terugwerk en is die likwidasie die enigste uitkoms.