Wetgewing gewysig – Solar panele

Ek het Solar panele ingevoer en verkoop.  Ek doen dit al vir jare en het ‘n goeie kliënte basis gehad.  Die Wetgewing op Solar panele het verander en kon ek nie meer dieselfde produkte invoer wat ek vir die laaste 5 jaar gedoen het nie.  Plaaslike verskaffers het die nuwe Wetgewing uitgebuit en het ek myself bevind dat daar maande wat ek skaar een produk verkoop het.  Hoe kan dit wees dat alles in ‘n oogwink verander – een dag ken almal jou as ‘n eerbare man en die volgende dag wil niemand jou ken nie.