Word deur werknemers besteel: (Bande (tyer) industrie)

Dis was altyd my droom om my eie besigheid te hê.  Ek het besluit om te bedank en met my 30 jaar se pensioen geld ‘n besigheid te koop.  Alhoewel ek baie marknavorsing gedoen het en ook vir al die opleiding gegaan het, ek het nooit voorsien dat my eie werknemers ‘n besigheid in my besigheid sou bedryf nie.  Ek weet jy gaan sê dat hoe kon ek nie weet nie, maar ek is ‘n gewone persoon en was hoegenaamd nie opgewasse teen uitgeslape skelms wat dit blykbaar reeds voorheen gedoen het nie.  Toe ek my oë uitvee, skuld ek soveel geld vir my verskaffers en is daar nie die nodige produk om te verkoop nie.  My verskaffers het my begin dreig met regstappe en het ek geen keuse as om te likwideer nie.